top of page
header 4.jpg
driekoppe.png
yhree bros white logo copy.png
GKNL logo.png

CERTIFIED ORGANIC
FREE RANGE KAROO LAMB

Driekoppen Organic Logo.png

Three Sons Lamb Blog

Karoolam smaak sensasie te danke aan unieke weiding in die Groot Karoo

Wie sou ooit kon raai dat die herkoms (ligging en geografie) van jou skaaptjoppie ‘n verskil kan maak in die smaak en kwaliteit daarvan?

Volgens Sarel Cloete, boer en stigter van Three Sons Lamb Co. is dit veral die Noord-Kaap streek van die Groot-Karoo se unieke plantegroei wat aan hulle lam die besonderse geur gee. Lamsprodukte uit elke streek van die Karoo het ‘n herkenbare kwaliteit vir dié wat hulself as kenners beskou.

 

blog pic 2.jpg

Gewilde weiding vir die Three Sons skape sluit Skaapbossie, Soet- en Boesmangras, sowel as Kool-, Bees- en Rivierganna in. Hierdie plante het ‘n natuurlike, gebalanseerde sout en suur verhouding wat aan die vleis ‘n unieke smaak gee.

Hierdie inheemse plantegroei van die Groot-Karoo is veral belangrik in hoe Karoolam, en die gebruik van die verwysing Karoolam, deur produsente gebruik mag word. Dit is selfs beskryf in die Staatskoerant van 1 November 2013, waarin baie spesifieke vereistes gestel word vir die gebruik van die term op lamsprodukte.

Slegs produkte afkomstig van skape wat vrylik kon wei, en toegang het tot inheemse plante, onder andere die Skaapbossie, Soet- en Boesmangras, sowel as Kool-, Bees- en Rivierganna, mag as Karoolam bemark word. ‘n Produk mag slegs as Karoolam verkoop word indien die diere gebore is, en of gewei het in natuurlike karooveld vir ses aaneenlopende maande, asook geslag is in die Karoostreek.

GKNL logo.png
Driekoppen Organic Logo.png
SAMIC-LOGO_edited.jpg

Driekoppen Boerdery (PTY) Ltd
Karoo Veld & Lamb Certified Organic by:

EcoCert Logo.jpg
EU logo.jpg

ZA-BIO-154

Drie seuns - inspirasie vir voortreflike vleisproduksie

Dit is verfrissend om 'n eg Suid-Afrikaanse familieonderneming soos Three Sons Lamb Co. te besoek en op die plaas met die passievolle boer en eienaar, Sarel Cloete, te gesels oor die wat, waar en hoekom van Groot Karoo vleisproduksie.

Three Sons Lamb Co. is 'n voorbeeld van hoe die fokus op volhoubaarheid 'n onderneming se voedingsaar kan wees. Die onderneming is in 2017 op Driekoppen plaas begin en vernoem na Sarel en Anja se drie jong seuns - ook hulle inspirasie vir die metodes en prosesse wat in hul boerdery en vleisverwerking toegepas word. 

Blog pic 1b.jpg

Hulle oorhoofse doel is om unieke produkte te lewer aan families, soos hulle s'n, vir wie die natuur en gesonde leefstyl belangrik is en vir wie dit saak maak dat die produkte wat hulle gebruik met sorg en streng oorweging geteel, verbou, verwerk en verskaf word.

Dit is duidelik dat vele meer ondernemings by Sarel en sy span kan leer hoe om hulle produkte op die gesondste en mees menslike manier aan hul teikenmark beskikbaar te stel. Volgens Sarel is dit moontlik om meer mense aan te spoor om verantwoordelike en volhoubare sakebedrywe op die been te bring.

Dit kan gedoen word deur die positiewe boodskap daaroor so wyd as moontlik te versprei. Dit sal ook meer aandag kry wanneer meer individue begin vrae vra oor die produkte wat hulle en hul families verbruik.

bottom of page